10/08/25

Isolasie in ‘n kelderkamer

in die val van die Oktoberreën 

die hele dag 


en die pyn in my skouerblaaie 

sonder wyn om dit te laat verdwyn


die verwringing van my skryfwerk nou

en my verwarring is verstaanbaar 


as ek 'n denkende nag 

dwarsdeur sug


die internet kan tydelik 

die isolasie verlig


en die druppels wat die geluid laat val 

bind die reën as een 

in hierdie kamer in die dal


my woorde moet eers klaar kom

ek wonder hoe 

op watter manier


dan eers kom die stilte weer

en die swye 


van my skilderye


🦋

© Annora Eksteen, 2018



Blarenimf
Annora, 2010

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...