10/08/25

Gebreek

'n lang string pêrels

is geskop in die drein

geskop en geskop

met ‘n gelukkige refrein


ja, hulle sou sing en sing en sing

hoe hulle haar uitgejaag het in die reën

en die ritme van reën

kan beslis eensaam ween


en daar alleen 

loop die vrou in die straat

sy smeek vir brood 

en 'n boodskap sonder haat


so, engeltjies: vlieg op, hoog

sien: die vrou in die straat

is einde raad


vlieg hoog en sien 

die pêrels in die reën

is nou trane wat ween


maar hulle sou sing en sing en sing

dat swakkes ondergaan

en moeg en gedaan

gaan bedel in die laan


'n vriendelike woord 

kon haar opgelig het hoog

hoog tot in 

die sonnige lug


maar nou sal sy kwyn

in 'n herinnering van pyn


drywend in pyn

'n herinnering van reën


drywend in reën

‘n hartseer geween


🦋

© Annora Eksteen, 2021



The girl and the water nymph

Annora, 2010

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...