10/08/25

Bewerasies

ek het altyd verskriklik

aan die bewe gegaan 

hoe ouer hoe meer hoe erger


ek het dit altyd probeer wegsteek

ek het nie geweet 

ek het psigiatriese behandeling 

nodig gehad nie


ek kon elke dag 

net ‘n teelepel vol terapie

en medikasie hanteer


teelepel vir teelepel 

vir dekades van my lewe 

om beter te word 


beter en beter 

maar steeds nog dikwels 


die bewerasies


🦋

© Annora Eksteen, 2020 – 2025



Bibberasie
Annora, 2022

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...