26/08/25

Koplas van die Tiento

ek sou in ’n kloktoring klim
om jou net nog ’n wyle te sien


wanneer jy regtig vertrek sal jy kom

met watersy wat tril tussen jou dye


jy sal kom na die poeletjie water by my 

hier waar die duiwe so liggies drink


vir ons om ’n rukkie te sit en kyk

hoe hulle daar, so liggies drink


terwyl die dag breek om ons

sal ek vir jou water skink


sal ek ’n oomblik sit en kyk 

hoe ook jy, die helder water drink


watter voël is so aan die sing

in die groen olyfboom


haas jou en sê hy moet stil wees

sy lied bring weemoed by my


jy sal my liefste wees

jy sal die een wees wat ek bemin


jy sal die dagbrekertjie wees

wat vrylik elke môre sing


🦋

© Annora Eksteen, 2025


TIENTO is ‘n verwerking van een van die gedigte uit ERFENIS UIT PERGAMON deur Louis Eksteen (1930–2001).


Dit is ‘n ongepubliseerde digbundel en gevind ná sy afsterwe.


© Eksteen-gesin

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...