26/08/25

Koplas van die Petenera

in die wit huis vol verdoemenis
sterwend, lê die mans

in die flikkering van die olielamp
tril jou romp van watersy

lang skadu’s skerp geteken
strek vanaf die donker horison

en die kitaar se kabbelende arpeggio's
is dwingend soos soet rose

die son was reeds in die lug
net ’n entjie van Totana

toe die perd wat ons karretjie trek
sy been breek

ag, hoe jammer tog
so vroeg in die môre!

ek sou met jou wou meegaan
na daardie sandwoestyne

sodat ons saam daar
die uitputting kan verduur

saam sal ons lê dan
tot ons van die uitputting wegkwyn, kyk!

’n honderd perde wat pronk en spring
die ruiters is almal dood

hoe wyd, kyk net hoe wyd
lê die smart

ai!

🦋

© Annora Eksteen, 2025


PETENERA is ‘n verwerking van een van die gedigte uit ERFENIS UIT PERGAMON deur Louis Eksteen (1930–2001).


Dit is ‘n ongepubliseerde digbundel en gevind ná sy afsterwe.


© Eksteen-gesin

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...