stille land van ontsaglike nagte
wind in die olywe
wind in die bome
ou land van die olielamp
klaend en beseer
land van verborge waters
grou van die dood en pyn
land van religie en stoer gesigte
so sleg en verdoemend, so treurig
eensame land van die sienlose
die trotse matadorspiese
wind oor die paaie
wind deur die populiere
uit dit kom die kreet van smarte
teen die wenende dolke van dae
lanse met harpoene en linte
stil die geweldige krag van die bul
die gepluk van hande aan kitare
tril sy gru rou in lang snare
ai!
eensame land van die sienlose
die trotse matadorspiese
wind oor die paaie
wind deur die populiere
uit dit kom die kreet van smarte
teen die wenende dolke van dae
lanse met harpoene en linte
stil die geweldige krag van die bul
die gepluk van hande aan kitare
tril sy gru rou in lang snare
ai!
🦋
© Annora Eksteen, 2025
SOLEA is ‘n verwerking van een van die gedigte uit ERFENIS UIT PERGAMON deur Louis Eksteen (1930–2001).
Dit is ‘n ongepubliseerde digbundel en gevind ná sy afsterwe.
© Eksteen-gesin
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking
Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.