26/08/25

Koplas van die Taranta

’n mynwerker skree
ek is alleen! 


die pad na buite 

kan ek nie vind nie!


diep in die myn 

is net die stilte alom


my enigste metgesel 

’n olielamp


die mense van die grotte

skyn lanterns in die nag


die bewoners van die grotte

hang hulle lampe blinkgeel uit


hulle smartkrete van wanhoop eggo skerp

van berg tot huilende berg


ai!


🦋

© Annora Eksteen, 2025


TARANTA is ‘n verwerking van een van die gedigte uit ERFENIS UIT PERGAMON deur Louis Eksteen (1930–2001).


Dit is ‘n ongepubliseerde digbundel en gevind ná sy afsterwe.


© Eksteen-gesin

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...