10/08/25

Ook ek sit met ‘n skeurvallei binne my

dagsome breek op boontoe

my ribbes kraak deur my bors

die digter van Kolkata sou verstaan

‘n  Himalaja begin groei uit my


rotswande en yspikke vlek my oop

‘n mes vlym skerp-diep in my keel

af en af tot in my hart tot in

my laaste blom


ek kan nie aanhou om so te leef nie

mens moet tog gelukkig wees

maar ook ek het haat ervaar

en ook ek het steeds

lewe onderrig


wat bly oor vir my 

hoop liefde vryheid 

maar die grootste hiervan is

aanvaarding


so stroom my trane

so stort ek in watervalle 


van verdriet


🦋

© Annora Eksteen, 2020 – 2025



Gregorian Chants
Annora, 2025

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...