10/08/25

Ek wou doodgaan

verdamp

ontbind oplos weg

sterf


van ‘n krans afval

in die diepsee opgevreet

deur haaie en deur 'n kreef


veras word, gestrooi word

in wind verander 


op plekke wou ek rondsweef 

as ‘n spook my begeef


eensaam huil op ‘n hoop 

onder ‘n heining 

langs ‘n plas water 


ná die reën sing 

saam met ‘n paddakoor


ek wou my opkrul in ‘n koel beblaarde plek

en woorde van hoop hoor 

wat deur my gedagtes strek


ek wou die pyn in my keel uitwas 

met stof, met rook, met as


ek wou alleenheid

liefdeloosheid

werkloosheid

hongerte

armoede

vernedering

weg

toor


dat dít niks word

niks is


ek wou stil bly 

dat alles stil en stiller word

en vir altyd stil in my

stil bly


🦋

© Annora Eksteen, 2020 – 2025



Annora, 2018

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...