die lang snikke van die viole van die herfs
verwond my hart met 'n eentonige uitgerektheid
dit versmoor my in ure van ondraaglikheid
ek herinner myself weer aan dae uit die verlede
en ek huil in die slegte wind
wat my hierheen en daarheen dra
soos 'n dooie blaar
🦋
© Annora Eksteen, 2005 – 2025
‘n Verwerking van Chanson d'automne deur Paul Verlaine (1844–1896)

Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking
Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.