27/08/25

Rivierlaning

liefde verteer my
‘n saad, ‘n voël, ‘n mens

stil, stil hier
die blarepoel

‘n val, ‘n dood
‘n groet

‘n groei
in nuwe groen bloed

ek raam die aarde in humus en blou
en hang haar op aan meeldrade dou

🦋

© Annora Eksteen, 2025


RIVIERLANING is ‘n verwerking van gedigte uit die digbundels ‘N FLUIT IN DIE RIET, Nasionale Boekhandel, 1963 en VERSE VAN ‘N LANDLOPER, Voortrekkerpers, 1969 asook SKUILHOEK, Perskor, 1982 deur Louis Eksteen (1930–2001).


© Eksteen-gesin

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...