27/08/25

Die taal wat bome praat

ek merk in die lower van ‘n woud
seisoene wat oor my gaan
herfs se koele blareval
die winters stil is ‘n vaalgeel tyd

ek sien soetdorings wagstaan in die veld
die wilgers wat met hulle lang arms wapper
tot ver by die taaibos aan die vlei se soom
wat in die vroegaand in versmelt

dit is die taal wat bome praat
wat ‘n sterk liriek uit die voedselaarde opdiep
‘n stadige groei van populier en geelhout
bloekom en Australiese pienkvlamboom

ring na ring
met insig wat net
die jare kan bring

🦋

© Annora Eksteen, 2025


BOOMTALE is ‘n verwerking van gedigte uit die digbundels ‘N FLUIT IN DIE RIET, Nasionale Boekhandel, 1963 en VERSE VAN ‘N LANDLOPER, Voortrekkerpers, 1969 asook SKUILHOEK, Perskor, 1982 deur Louis Eksteen (1930–2001).


© Eksteen-gesin

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...