garsbrode in die bakoond
in Transvaal vul ‘n perskeboom
met sap wat in die son se soetheid
helder straaltjies tap
nat mis tussen sewejaartjies
‘n springbok se rug pronk
ouklip tintel dromend
‘n koeël glim dronk
bloed vloei taai
pluime sneeu val
oor alles dans teen swart lug
donskapok
die rant word ‘n blou bees
wat oor die vlaktes rol
die koppie se erts en steen
skiet woorde los
uit Sandrivier se kleurvolle strepe
en Brandbos se towerspreuke
wit tonteldoos vuursteen agaat
verbonde prehistories was eens
die voor-Karoo en toe
die skeppende mens
en aartjie na haar vaartjie
lê sy diep in leemgrond begrawe
lê sy diep in leemgrond begrawe
haar kop op 'n klip
met 'n holte
in hierdie ryk
aarde
🦋
© Annora Eksteen, 2025
DIE LAND IS RYK is ‘n verwerking van gedigte uit die digbundels ‘N FLUIT IN DIE RIET, Nasionale Boekhandel, 1963 en VERSE VAN ‘N LANDLOPER, Voortrekkerpers, 1969 asook SKUILHOEK, Perskor, 1982 deur Louis Eksteen (1930–2001).
© Eksteen-gesin
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking
Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.