as klankgeluide oor die vleigras lê
en die koringvoël koer
hoor pa, hoe Stef Louw vir hom sê:
dis my bergkomjeug waar die skeermuis bly
en die môrestreep vroeg reeds die vygies kry
dan word Papiesvlei weer Pawiesvlei
dan bly O’erghbergh
ook hiergh in my
🦋
© Annora Eksteen, 2025
Ter nagedagtenis
Professore Stephanus Andreas Louw en Louis Cornelius Eksteen
1908–1979, 1930–2001
TWEE TAALGEOGRAWE is ‘n verwerking van gedigte uit die digbundels ‘N FLUIT IN DIE RIET, Nasionale Boekhandel, 1963 en VERSE VAN ‘N LANDLOPER, Voortrekkerpers, 1969 asook SKUILHOEK, Perskor, 1982 deur Louis Eksteen (1930–2001).
© Eksteen-gesin
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking
Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.