16/09/25

Ag

om net weer eens te kan stap
tussen die berkebome

ek het soveel verloor
vir soveel lange jare nou
dit is net eenvoudig
van my af weggehou

en al die pyn dáároor ook
is steeds soms 
'n bitterheid
in my musikale mond

ek veg nie meer daarteen nie
ek laat hierdie negatiewe gedagtes
ook oor misdadige boosaards
elke liewe keer as dit terugkom
net rustig wegvloei op sagte briese

weg 
en opgelos tot niks

wie kan tog kwaad bly
in 'n plekkie waar die muses
altyd terugkeer
en my kosbare gedagtes
weer eens op skoonheid rig

wie
nie ek nie
en dankie tog goedheid
vir dit

Rosebank, Johannesburg, Oktober 2019

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...