hulle hare gekleur in bloed en olie en olywe
penorent staan hulle borrie en kerrie kuiwe
terwyl hulle grynslag en dronkerig draai
laat waai laat waai, woer die blarewind al singend
julle gespuis moet julle verdomp laat in spuide
ek dink aan pypkaneel en steranys
naeltjies, neut en ‘n virusvrye bosparadys
'n lourierblaar in roomsop met sjerrie, maar
ek eet brood, botter, pap en pilchards

in my bed
al die dinge weer van die laaste tyd djy wiet
altyd in ‘n sin ‘n eindersig, ‘n vryheidsverlange
na Karooveldkouegeure, na iets anders, 'n beter lewe
al die dinge weer van die laaste tyd djy wiet
altyd in ‘n sin ‘n eindersig, ‘n vryheidsverlange
na Karooveldkouegeure, na iets anders, 'n beter lewe
al is hierdie een ook goed, siekerig in my bed, so arm
maar aan die herstel weer
en weer aan die skryf
aan die alleen word: meer en meer
om so aan te gaan tot ek ingee, is ook lekker
ook goed
tydens covid 2020
soos omtrent altyd
in my bed
'n Kelderkamer in Randburg, 2020

Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking
Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.