en is sag op my lang los hare
die nagbriese is koel en speel loom
deur my in April waar ek woon
nog meer herinneringe begin vorm in my verstand
en die wind waai koud oor hierdie droewe toe land
Hoofman Stuurman se bewussyn
daar is reise oor die gay pienk lyn
en die wind waai koud oor hierdie droewe toe land
Hoofman Stuurman se bewussyn
daar is reise oor die gay pienk lyn
Port Elizabeth word Gqeberha
die lughawe kry die nuwe naam
en my dae gaan sukkelend aan
want my skade maak my gedaan
‘n kristenvrou sê, die onsigbare is aan die kom
post-teïste lig hulle wenkbroue, skoon verstom
huishoudings ly vreeslik honger
dra maskers en lyk somber
daar is geen lekker pinksterwyn
in die armoede voedsellyn
die gesukkel, die regulasies
laat die kinders maar speel met hasies

Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking
Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.