08/09/25

Desember vanjaar

is sag en koel, met hoëveldreën
en met 'n ryk erfenis nagelaat
deur my pa, maar hy is dood
so baie lankal, en ek moes begin

blom in grou, in grys, in as, in roet, want
as ‘n biblioteek skroei en dan begin brand
vorm dit ‘n treurlied in ‘n binneland

‘n rooibokkie was ek, en ek het gehardloop
so ver as wat ek kon

want ek is my digter-pa se digtersdogter
wat nou kan luister na my fluit se fraai geluid

wat nou die oggendson kan sien
deur die kelderkamer se 
ruit

met die seisoene gly veel smart verby
terwyl ek ou Kindra se rankrosies rangskik
geel in ‘n erdepot, groen in my nuwe hart
vir die skoonheid wat altyd hier binne my

sal bly
🌿

🦋

© Annora Eksteen, 2025

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...