en met 'n ryk erfenis nagelaat
deur my pa, maar hy is dood
so baie lankal, en ek moes begin
blom in grou, in grys, in as, in roet, want
as ‘n biblioteek skroei en dan begin brand
vorm dit ‘n treurlied in ‘n binneland
‘n rooibokkie was ek, en ek het gehardloop
so ver as wat ek kon
want ek is my digter-pa se digtersdogter
wat nou kan luister na my fluit se fraai geluid
wat nou die oggendson kan sien
deur die kelderkamer se ruit
met die seisoene gly veel smart verby
terwyl ek ou Kindra se rankrosies rangskik
geel in ‘n erdepot, groen in my nuwe hart
vir die skoonheid wat altyd hier binne my
sal bly
🌿

Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking
Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.