vir ‘n tekening van herinnering nie
ek het my waarheid uit diep donker gaan haal
my ontsaglike skade uit my spelonk gedra
na bo, na die lig, na die son oor Elsieskraal
ek sien weer hoe Pa ver tuur vanuit die murasie op Okombara
hy mymer oor die bitter zwazwa wat vir Piet weggevat het
sy neef Piet Coetzee, maar niemand praat, niemand nie, so lankal
oor sy selfdoding op Okombara langs Okombuka, naby
Elsieskraal
ons plek van stowwerige boeke, wankelrige rakke
vir brandhout vir die swart voëls om uit die pastei te spring
te begin sing oor die soet wyn van Suidwes waar hulle my vergeet het
oor orals waar niemand my geghwaing het nie
van Skellemsbos tot Wondhoek, van Bulkop tot Roggevlei
hoe bruin winterdroog was my vallei
orals waar niemand my gevang het nie
my veilig in groen stilte gelaaf het nie, my sag vasgehou het nie
orals – waar niemand – my getroos het nie
my verstand verwring in geheueverlies oor verminking
my psige vermoor, my stem versmoor
Pa sterf in soveel smart en die Suidwesters het my vergeet
hy het my nie bespreek nie, hy het nie oor my gedig nie

hy het nie geweet nie
maar hy was besonders
‘n dousie van Banghoekweg, op pad na die sinkhuis
op pad na sy solderkamer, op pad na Skuilhoek
huise een na die ander ontruim met sy kwasse, esel, vulpen en ink
sy lessenaar swaar van Namibië-oggende in waterverf-dokumente
swaar van neef Foekoe se Landrover wat proes wat brul
swaar van bokskadu’s wat skugter begin spring
in winterdou-snerpendblink koue
my pa het ‘n huis gehad
vol familie en vriende en kinders
vol Suidwesplaas-vakansies
my pa het ‘n huis gehad: Elsieskraal
vol lemmas
vol pikkenousiedousies
vol woorde
vol pikkenousiedousies
vol woorde
🌿
In memoriam
Japie, Piet, Foekoe en Dappies
Die Coetzeemanne van Okombuka, Okombara en Orochevley naby Omitara
Namibië
🦋
© Annora Eksteen, 2025
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking
Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.