16/09/25

Die bus het gestop

en ek moes afklim by die pastorie
en my weer aan my neus laat rondlei
en toe die bus weer met my weg kon ry
laat ek vrees wraggies weer 
die oorhand kry
maar ná dese het ek darem geleer
om stil te bly want ek kan nie
en wil ook nie 'n bloue duit weer
betrokke wees nie
ek wil net met myself wees
en elke dag bly wees
oor my mooi lewe
ten minste kry ek altyd weer kalmte
soos blare wat dryf
op die water 

Die swembad by my nuwe woning: die kelderkamer
1 Oktober 2018–1 Oktober 2025: 7 jaar hier




Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...