16/09/25

Die herfswingerde: Ai! Hoe mooi

‘n dikwels so verbruikende mensdom
en tog geniet ek dit, want
kom ek om so kom ek om

in goedheid in skoonheid
in vrede met myself
en ‘n lewe
in kuns

dreuntoon ek
ohmm shanti shanti ohmm

die heelal gee nie
‘n flenter om

maar ek kon na myself toe sweef
om ‘n stilte te vind in ‘n kovidherfsverhaal
om ‘n herfslied te sing in ‘n inheemse taal

herfskwatryne met rosyne en droë wyne
herfswingerde word nou weer eens

winter kaal

Klippe op my dogtertjie se vensterbank
Desember 2023

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...