het ek nie verwag nie
op teen die hoë berg
in Alisia se rooi karretjie
ek is om die draai
die aarde het omgeswaai
en daaronder in seeskuim
lê die oseaan
die hondjie blaf
my hande sweet
die eiland is daar ver
met branders wat om dit slaan
die hondjie eet nou vis
op die berg in die mis
wat oor ons dawer en afsypel
en hier teen hoogtes en hange
is ek in vrees vasgekeer
ek kyk af na my taai hande
die vis proe sout in my mond
met pille wat ek sluk om te kalmeer
die hondjie lê nou stil op my skoot
ek laat sak my kop in my hande neer
ek is hier op
ek kan hier af
ek volg die fiets
die hondjie gee ‘n blaf
ek het dit gedoen
met die lig oor die oseaan
die aarde wat verdwyn
skuif verander
'n klipkoppie word
en ek wat met net een voet
daarop staan
en alles word
see
Annora se hoogtevrees op Seinheuwel, Saterdagoggend, 17 Maart 2018

Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking
Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.