14/09/25

Ek sien Tafelberg vanaf hierdie stoep

ek kyk na die hondjies van die landlady
die bibberende brakkies wat lê en beef

sy sit in ‘n land
ver hiervandaan

in die tuin pluk ek nat rose douvoordag
die lug ruik soet en die lig breek sag

sy sing ‘n bos proteas sewejaartjies heide
vergeet-my-nietjies van wilde Tygerberg-tye

dof-geel is die maan
vanaand deur hierdie venster

sy ken ‘n kodetaal
wat ek nie verstaan nie

my arms beskermend liefdevol
om haar teer groen blare

Melkbosstrand, Mei 2017
Die jaar van die groot droogte in Kaapstad

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...