die bibberende brakkies wat lê en beef
sy sit in ‘n land
ver hiervandaan
in die tuin pluk ek nat rose douvoordag
die lug ruik soet en die lig breek sag
sy sing ‘n bos proteas sewejaartjies heide
vergeet-my-nietjies van wilde Tygerberg-tye
dof-geel is die maan
vanaand deur hierdie venster
sy ken ‘n kodetaal
wat ek nie verstaan nie
my arms beskermend liefdevol
om haar teer groen blare
Melkbosstrand, Mei 2017
Die jaar van die groot droogte in Kaapstad

Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking
Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.