14/09/25

Ek sing sag

true factual knowledge is strength 
and fantasy is enjoyable escape

wel, ék dink so en beskou dit so: 
daar is die wetenskappe se navorsing:
al die bewyse van hoe dinge werklik is

en dan is daar die kreatiewe kunste
om in te ontvlug

ek dink oor hoe die lig dalk verander
as die son opkom oor ons kinders
in veraf lande

ek sou eerder graag dat ek die ou genie by my kon hou
maar nou ja

nou kan ek maar net dink
aan ’n maanlig meerstrand se silwerwit sand

en sag neurie soos haar lippe op my wang sou voel

Eksteenstraat, Loevenstein, Kaapstad
Augustus, 2017
Die dag toe ek so ver teruggestap het van Laerskool Welgemoed af terug De Tyger toe.
Doer ver het ek op 'n punt die lughawe gesien met 'n vliegtuig wat ver aankom deur die bloue lug, sirkel en draai en toe grasieus land. 

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...