van hierdie era van die algemene jaartal
ruik ek die skerp lug elke aand
geure van kwepers veldvure se rook
seer kele en eisbein wat in sop
saam met ertjies stook
ek bons nooit kragtig soos ‘n flippen veer terug nie
ek het laas in tweeduisend en agt
ek het laas in tweeduisend en agt
deux mille huit
two thousand and eight
op die bed gespring
I do not ever bounce back
I am in my lazy boat
slowly down the Ganges
WITH PERSEVERANCE
slowly down the Ganges
WITH PERSEVERANCE
met deursettingsvermoë
soms miskien darem dit
en musiek
op die ou end is dit wat ek sien
dat ek maar aangaan
op die ou end is dit wat ek sien
dat ek maar aangaan
en in my stadige bootjie is ek gelukkig
en 37% van die dag
skoon gedaan
.jpg)
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking
Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.