moeg tam
die nagdrome weer
in my bloed moeg
geen krag meer
buite ‘n saag
ver ‘n vliegtuig
iewers
‘n besem ‘n kar
Maandag 9 Maart 2021
kan nie op nie
nie dink nie
lam in my arms
my bene wil nie vandag
gaan weg nagdroom
gaan weg fluit
gaan weg fagot
gaan weg al die ou
klassieke musikante
al die kinders wat ek na moes kyk
ek hoef nie meer nie
ek het nie meer
stel nie meer
ek skryf mos nou my eie
skryf het ek geskryf
gesing
gespeel
geskilder
geskryf
einde nou
genoeg
"As you will learn later, the transformation of the stuff of my world into poetry, is a bit of a mystery to me, as I think it is for many poets.” John Haislip (1925–2011) (Literature and the Sea Conference, 1976)
Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
My poësie-blog / My Poetry Blog
Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...
-
Annora Eksteen 30 Gedigte (2006) Die tyd toe ek verdwyn het Ek praat van ‘n tuin Ek praat van ‘n waterleliepoel Ek wag vir jou Ek wou dat sy...
-
ek kan velde met gras sien en rooi papawers wat waai in die wind Maar eintlik verlang ek na ons kinders. Volwasse en ontwikkeld en mooi. Dus...
,%20Yale%20Center%20for%20British%20Art.jpg)
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking
Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.