en ek wil al weer huil
en my bed val uitmekaar
en die beddegoed is gedaan
en ek het my crumbed chicken
met cordon bleu-sous verbrand
en my vingers ook dis winter en tydens corona
dis 2020 en my geld is al weer amper op
en ek het geen leerders alles is 'n flop
my mond trek affer en affer
maar my knie is beter en beter
ek is nie verlam nie
ek kan nog beweeg
en dink en wonder oor my skrywe
maar
mens moet aanhou gaaf wees
dis net eenvoudig die beste
bakleierye is so sleg
vir die psige vir die brein
en môre-oggend is als weer vars
uitgerus en sonder spanning in sonskyn
dan lyk en voel alles weer soveel
beter
Soos in 2011, in Julie op Bethulie met die kindjie en die boerbokke in die ou grondpad langs die ou bike packers se huis en die dooie windpomp op die oorgroeide ou dorps-erf.
.jpg)
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking
Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.