windmusiek en kosmosse wat wieg in die park
jare en jare van alleenheid in denke in konsentrasie
met aartappels, rys, hoendervleis, soms oesters en garnale
die stil vieringe van my verjaardae
die wyn en 'n slaappil deur al my verdere jare sedert 2001
die films fraai, die diep slaap wat dit bring
en môre is ook dit, weer verby
ek kan net nie ontspan nie, want ek bly bang
nie vir kritiek op my soi-disant skrywe nie
en deurdruk weer, dis roetine in die aanvaar
ek het die dogtertjie in my se hand gevat
my sogenaamde Franse taalstudies
beteken wel iets wonderliks vir my
maar gespanne oor hierdie ingrypende speletjies met my
ek ly aan erg post trauma oor dít ook nog aan my gedoen
van die jare vanaf 2006, tot nou toe, wát kan dit tog wees
of is dit óók maar waarmee ek moet leef ná als, vir altyd
ek probeer nog steeds om my dae as goed te beskou
elke dag so vervul en so veilig as moontlik
ek weet hoe, dis denke, dis dissipline

ek probeer weer en weer berus daarmee
en deurdruk weer, dis roetine in die aanvaar
dis nou maar soos dit is, glimlag altyd weer en wees gaaf
ek het darem baie by die see gaan stap lank terug
kan seker sê iewers was daar wel water en seevoëls om my
ek het al oor die wit perde gesweef
en plekke in Oktoberbloed sien lê
die sonlig wat soms syfer deur die boomblare

het nuwe gelykkenisse gewys
ek het die dogtertjie in my se hand gevat
en vertel
daar was legendes van reierpriesters op seepkiste
groen katedrale met oop blou vensters
voëltjies wat daar uit vlieg
na wolke daar buite in die lug

Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking
Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.