11/09/25

In ‘n kelderkamer verwerk ek my lewe

en hier behou ek afstand in verlies

virustyd en ek dink aan klein ek
die bad se rand, haar hand, ek brand
ek snik my lyf begin histeries ruk
en ek hou aan met skree

as ek my naam hoor
was dit altyd so ‘n skrik

ek het tyd en wil oor my lewe dig
my seksuele mishandeling
lyfstraf, die misbruik, die swart boek

en ek was bang vir haar
ek sit met lewenslange skade
die slanery, die verkragtings
my geskree alleen

nou is hulle oud, been en kluite
maar dit was en is erger
as wat ek nou eintlik kan tik
dit waardeur ek moes beur, wel
dis moeilik om oor dit te skryf

my ongesteldhede, my onsekerhede
‘n paranoïese geïrriteerdheid
die kluts half kwyt

wat op aarde het gebeur

dis lankal my lewe, normaal is net weg
nederig is ek, maar ek is so bly
my geloof is verby

ek voel veel sterker so
baie beter en meer seker

van myself




🦋🌿

© Annora Eksteen, 2025

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...