virustyd en ek dink aan klein ek
die bad se rand, haar hand, ek brand
ek snik my lyf begin histeries ruk
en ek hou aan met skree
as ek my naam hoor
was dit altyd so ‘n skrik
ek het tyd en wil oor my lewe dig
my seksuele mishandeling
lyfstraf, die misbruik, die swart boek
en ek was bang vir haar
ek sit met lewenslange skade
die slanery, die verkragtings
my geskree alleen
nou is hulle oud, been en kluite
maar dit was en is erger
as wat ek nou eintlik kan tik
dit waardeur ek moes beur, wel
dis moeilik om oor dit te skryf
my ongesteldhede, my onsekerhede
‘n paranoïese geïrriteerdheid
die kluts half kwyt
wat op aarde het gebeur
dis lankal my lewe, normaal is net weg
nederig is ek, maar ek is so bly
my geloof is verby
ek voel veel sterker so
baie beter en meer seker
en ek hou aan met skree
as ek my naam hoor
was dit altyd so ‘n skrik
ek het tyd en wil oor my lewe dig
my seksuele mishandeling
lyfstraf, die misbruik, die swart boek
en ek was bang vir haar
ek sit met lewenslange skade
die slanery, die verkragtings
my geskree alleen
nou is hulle oud, been en kluite
maar dit was en is erger
as wat ek nou eintlik kan tik
dit waardeur ek moes beur, wel
dis moeilik om oor dit te skryf
my ongesteldhede, my onsekerhede
‘n paranoïese geïrriteerdheid
die kluts half kwyt
wat op aarde het gebeur
dis lankal my lewe, normaal is net weg
nederig is ek, maar ek is so bly
my geloof is verby
ek voel veel sterker so
baie beter en meer seker
van myself
🦋🌿
© Annora Eksteen, 2025

Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking
Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.