11/09/25

In ‘n kelderkamer terug in Randburg

alleen, hartseer, onseker
mens raak moeg gesukkel
net aangaan, maar in my onkunde
skryf ek nonsens, klink ek kwaad

vriende is weg, wel
werk is meestal niks

ek word wakker
die reën drup voort
ver in die pad
gly karre oor die nat

ai Annie so alleen
ten goedkoopste, dankie ons seun

ek dink aan ver paaie
die Botterkloofpad
na Samsara en my skat




🦋🌿

© Annora Eksteen, 2025

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...