11/09/25

In ‘n kelderkamer vol skemer

dalk was dit vir my die enigste manier
om tussenin net te ontvlug op klavier
seker beslis terapie en ook musikaliteit
en al die baie sertifikate
op die kunswedstryd

dit was ‘n aanmoediging
dit was vir my lekker, ek hou van musiek

ek het nie daarvan gehou
as die ou vrou daar sit en my verskree
my huilend badkamer toe jaag nie

dit is baie grusaam, toe ek ‘n kind was
wat sy met my aangevang het

dis hoekom ek so skrik, as mense skielik
Annora! sê, altyd haar kwaai geroep

Annora! Annora!

want dan was sy kwaad, maar wat
ek hou van my naam, dis als so sensitief

maar dan raak sy weer besig
en ek weet my sibbe het my uitgelos
as ek geoefen het in daai ou huis
in die Glen

weer hier en nou in steeds terapie
geluide uit die mure is nie net natuurlike klanke nie
en ek werk hard, ek wil ‘n punt agter alles sit

ophou om oor ou, onopgeloste konflikte te treur
ek wil dit in fiksie afrond, dit laat gaan

ek't moeg geraak
vir poësie skryf

maar nooit moeg vir poësie nie

vrede in klavierspeel, dis ontspanning in oefening
nou in beter konsentrasie

alleen, ja, maar die dophoudings
dit bly maar ‘n spanning
maar dit is nou maar my behandeling
hier in my skemerkamer
moet ek blykbaar nie probeer verstaan nie
ek moet net lees, of iets, maar wat lees
ek het so baie gelees in die jare hier

mens raak bietjie moeg

en deesdae lees ek omtrent 
net my eie skribbels
dis seker maar die skryfproses
volgehoue konsentrasie
kognitiewe energie

hulle sê dis baie moeilik om mense soos ek te behandel
en soms kan hulle selfs in 20 jaar
nie uitvind wat presies fout is nie
en hoe om dit reg te maak nie

wel, dit kan nie genees nie
mens moet uit die kinge gevat word

as Sylvia Plath, Ingrid Jonker en Virginia Woolf
uit die kringe kon kom, alleen

wie weet

iewers gelees Ingrid Jonker kon nie
die huur vir haar woonstelletjie ...

armoede dryf mens ook na selfdood

minstens het Elisabeth Eybers onttrek
dink nie sy was bipolêr nie
wie weet wat met haar gebeur het, hulle pa's
hulle half- of stiefbroers, ooms, wat dan ook
finger fucking of hand stimulasie op jou tere dogtertjie
pubiese area, of 'n gedwing 
om die penis te stimuleer tot die ejakuleer

aan kinders gedoen, aan kleuters

dis verkragting, mens is daarna ...

nou ja, nou nie so 'n erge verkragting soos penetrasie nie
soms kon en kan hierdie vrouensx net nooit onthou nie

en nie almal word gay nie
of is wats dit nou weer: biseksueel
het ek my eers verbeel, maar nee dit was wel so

Robert Schumann, wel hy het in 'n inrigting gesterf
maar hoogs bipolêr
nooit stories van kinderjareskade by hom het uitgekom nie
en tog hou ek aan met wonder
soos ou van Gogga en Camille Claudel, ook in die asylums geplaas
die inligting het verdwyn, mens weet nie of hulle mishandel is nie
wel sy is deur Rodin, dis o, die kringe kan mens ook misbruik

bipolariteit is nie 'n grap nie
kunstenaars is so wonderlik
hulle inspireer mens so, maar
as die kunskringe, die vertonings, die feeste, die vriende
die sosiale media, die koerante, die toekennings
die resensies wat soms onmenslik wreed raak
as dit jou so erg affekteer, dat jy nie kan slaap nie
nie kan afskakel nie, maar

nou 

so ontsettend alleen, om my darem só erg af te sonder
somehow raak mens in a way gewoond, raak dit beter

raak dit lekker

anyway, ek rond maar af, ek skryf seker gewaagd
al voel dit nie vir my so nie, maar

mos om 'n fokken punt agter als my werk
te kan donnerswil sit hier

op my blog
in my gedigte-dagboeke




🦋🌿

© Annora Eksteen, 2025

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...