en ek het so baie ander oulike musiek ook ontdek
met die gee van klasmusiek en ligte sang popmusiek
en ek glo mens moet musiek gaaf aanbied
vir hulle goeie punte gee, dan bly hulle lief
vir ook klassieke musiek en dié is bedreig
so ons moet gehore kultiveer, dis net kuns
net musiek, en soms moeilik en verhewe
maar soms so intellektueel roerend bevredigend
soms ook maar klomp lawaai, ‘n kattegemaai
en wel heluit opswepend nes worship musiek
soms kalm en rustig soos YouTube calm music
soos die Gayatri-mantra soos mooi Jesus-musiek
soos die Taizé herhalende refrein van kalmte
'n nederige tot stilte kom, en als uit die brein geskep
soms dus weer wonderskone briese wat waai
soos skoon beddegoed aan die wasgoeddraad
draaiend en draaiend in die wind
klavierklanke
kabbelend af
in die stroom
ek wil vir die hulle vergewe wat my so uit my werke
geboender het, vir my woonstel wat ek verloor het
oor hulle tricks met my, maar dit was maar nodig
nogtans als verloor: my klaviere, my boeke, my kar
my laaste ou ding, my als, my vertroue in mense
anyway, dis nou als verby, neutrale grond

ek wil darem nie weer die muse met die dood dreig nie
in die huis van die muse kry mens mos ... ek't nou vergeet
wat ou Sapfo ...
seker die muse wat die snorkende omie agter my gesit het
vas aan die slaap, in die death by opera sang trillings
geringe ou konsertjie ...
my koor kiddies opdrag gegee om soos willebeests
on a stampede die verhoog te bestorm
met daai stupid eisteddfod in die heilige kapel
my na drank gedryf — is al warrit gedoen het
en ek is te moeg om verder werk te soek
ek werk wel hard en het nog baie oor
en weer ‘n klavier en nou nuwe laptop en
my foon hou darem nog nou al vier jaar
nou, met hierdie piepklein ou pensioen
nogtans baie meer as wat ek vir 11 jaar gehad het
als gaan op met inflasie maar ek moet regkom
op al hoe minder en minder en minder
genoeg, voel ek, en deur al my vele geswoeg
het ek later als onthou en my toestande verstaan
in hierdie skemerkamer het ek al vele
genoeg, voel ek, en deur al my vele geswoeg
het ek later als onthou en my toestande verstaan
in hierdie skemerkamer het ek al vele
soos my dogter dit noem: projectile vomiting
ook vele spuitpoep, dis nou regtig
en nie skryf-metafore nie, in die bed, in die kar
“There is no place for grief in a house which serves the Muse.”
― Sappho
en nie skryf-metafore nie, in die bed, in die kar
op die vloer in die kombuis, op die sypaadjie
maar dit alles het toe gestop
vir iemand om darem ná ‘n uitvoering tydens koffie in Sandton
uit die blêrrie bloute in 2023, tydens my geweldige skryfprosesse
o, dis Annora, sy is Louis Eksteen se dogter
flippen meer as 20 jaar ná pa dood is
ek het aan die bewe gegaan, nè
en aan die huil, kon al weer nie my koppie koffie vashou nie
vaderland tog, ná als, al die niks, asof ek nog nooit eers
een gedig of een muskiekkomposisie of een skildery, nee
eks niemand, eks niks, is maar oukei, ek stel nie meer belang nie
jaag hulle ná die Sandton-insident my iets in

dat ek nie eers die toilet kan bereik nie
toe val daar al weer ‘n hoop poefie uit my uit
toe val daar al weer ‘n hoop poefie uit my uit
op die kombuisie se vloer
was ek maar my broekie en my broek en als en myself
en was en was in emmer als, ag tog, al die jare
met koue water en migraines
spuit my in dat my rug so pyn
dat ek nie kan loop nie, maak my oor doof
jaag my bloeddruk op: gee my 'n semi-beroerte
want jy kan nie skryf soos jy skryf nie Annora
ek was voorheen lief vir stap
maar nou?
ek’t bietjie erg moeg geraak
ek skryf dit uit, ek skryf dit af
dit lyk my die bedoelings was goed
al kan ek in elk geval nie goed slaap nie

al bly ek gespanne, maar darem my oefeninge
en so aan
wil nou net 'n woonstelletjie in 'n aftree-oordjie
met bediendetjie, vir 'n skoon plekkie
'n tafeltjie dek, 'n tafeltjie met stoeltjies, 'n sitkamertjie
met sontjies, net bietjie privaatheid, maar nou
worry ek net my taamlik siek, soos altyd, oor wat
gaan van my word, maar wat
in 'n kelderkamer skryf ek dit af
en vergewe
en vergewe
wees stil en weet
dit is die lewe
wees stil en weet
mooi is die liefde
Namaste
Ōṃ
Ōṃ
🦋🌿
© Annora Eksteen, 2025
“There is no place for grief in a house which serves the Muse.”
― Sappho

Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking
Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.