09/09/25

In 'n lentenag vol bloeiselgeure

toe dit 1 September 2017 was
is ek in ‘n miljoen stukkies vlerke
op in die waterlug

want die stukkendste was ek dié nag
en die wolke het oor my gekom

die wolke het oor my gekom
en my saam met hulle gevat

ek het my sterwende gesig gesoen
en ‘n swart lint om my pols gebind
vir altyd
terwyl ek kalm en rustig word

ek het my sterwende gesig gesoen
en jasmyn in my hare gesit

en toe het ek myself laat gaan
in die bloeiselgeure van die lente naglug

die onbeheerbare gebewe
het uiteindelik uit my lyf bedaar
toe die wolke my opvat
in die mistieke heelal weg

in ‘n Septembernag
gevul met bloeiselgeure
is ek met liefde 
in ‘n miljoen stukkies vlerke
op in die waterlug
waar ek in liggewende kalligrafie
tussen miljarde sterre geskryf het

ek het geleef, geleef, geleef
ek het liefgehad, so liefgehad 
so lief

ek sal aanhou leef, aanhou leef, steeds leef
en ek sal weer en weer
liefgehê word


🦋🌿

© Annora Eksteen, 2025


Ganora Gasteplaas digby Nieu-Bethesda

Desember, 2010



Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...