05/09/25

Ons pa het ‘n huis gehad

nou dra ek my herinneringe na die lig na die son
van huise wat ons een na die ander ontruim het
met sy kwasse, esel, vulpen en ink

die woonstel, die lelietuin, 'n sinkhuis
‘n solderkamer vol boekrakkke in Maroelana
orals was sy lessenaars vol geheime laaie vir albums
vir briewe, vir sjokolade, vir bokke om in te wei

ons pa was besonders met sy komvandaan

‘n dousie van Vrede, op pad na Gqeberha

op pad na Driefontein, weer terug in Skuilhoek

en uiteindelik diep wortels in die aarde gestoot

by sy geliefde universiteit 

in ou Pretoria


en daar het ons pa ‘n huis gehad: Elsieskraal
vol pikkenousiedousies, vol musieknote

vol woorde

🌿

Ter nagedagtenis aan Louis C Eksteen

20 Oktober 1930–13 Oktober 2001


🦋

© Annora Eksteen, 2025

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...