hier oor Boskruin kom lê
hoor ek nog hoe pa vir my sê
hoor ek nog hoe pa vir my sê
kom ons stap vandag langs die Moreletaspruit
kom ons stap op die veldpad hierdie dorp uit
kyk die plaasmurasies, die oorgroeide terrasse
onthou tog die Randhere se deftige dasse
waar ons wandel verby 1 Militêreweg
vertel pa vir my van oom Boetse
want hy was mos: Kolonel!
eendag val daar toe ‘n Tiger Moth die helder lug uit
hom te pletter teen die rooibruin grond, en die
bloed op die grond, was die bloed uit ‘n wond
kom oom Boetse en sy peleton
vir redding toe daar aangestook
met die vliegtuigie wat brandend rook
en daar vind hulle die Brigadier se oog
wat borrelend briesend stomend kook
en van toe af aanhou gluur soos ‘n spook
hier dan net ‘n beriggie gelos
oor toe ek en pappa en Brakkie
een Saterdag-oggend in 1970
Pretoria-uit gaan stap het

🦋
© Annora Eksteen, 2025
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking
Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.