11/09/25

Slaap nou, slaap

tula tula, bly nou verder stil
om verder die skrywe af te rond
en dan is my traumaskade 
deeglik verwerk

ek beweeg verby dit en fokus weg
alles kan nou beter word, nie meer so erg nie

al dink ek maar net aan heidevelde
en hoor net in my gedagtes 
die vrolike klokke
van ou Hanshan se Kouebergbokke

ek is nie meer só erg bang nie, nie meer so in vrees nie
ek het geleer om goed te konsentreer
en weer het hulle my vry gemaak, my uitgelos
my veilig gehou

om te lees, te leer, myself te wees
en ek was in meer aanvaarding oor alles
vir almal wat goed van hart is

so vreemd hierdie lewe
as ons nie van al hierdie pyn omkom nie

as ons, wat nie deur mitologie getroos word nie
maar vervul word deur kennis, intellek
die soeke na die kreatiewe self
kan leef en sien

katedrale is net argitektuur 
en kerkmusiek is net musiek

ek kon myself red en in my sinne helderheid kry
om my gespanne natuur te aanvaar
hierdie oorsensitiewe lewe van my
en eks werklikwaar moeg van seerkry
so, eerder maar verder stil bly 
eerlikwaar net weg beweeg van pyn 
en klaar skryf in vrye uitdrukking

blykbaar is dit die moeilikste ding
om vrouensx soos ek te behandel

my tyd is amper verby
maar ek sien daar is nog baie mooi en goed
onder die bron van alles, ons ster, ons son

elke oggend as die Dagbrekertjie begin sing
elke jaar as die koel herfs kom
elke jaar as nuwe jong lentes 

begin blom


Rusalkatjie Rosie Roos 
(2011—2024)
De Tyger, Kaapstad
Desember, 2017

🦋🌿

© Annora Eksteen, 2025

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...