11/09/25

As die ondraaglike draaglik raak

want mens hou aan, op en af, af en op
mens hoef nie in die dieptes
aan te hou bly nie

dan voel ek dalk weer
bang en suicidal
oor ek nie geld het nie

ek moes rock bottom bereik het
om weer op te kon kom
so kon dit mos nie aangaan nie

gelukkig kan ek nou leef
in ‘n gebalanseerde eie lewe

en so hou ek uit
en so hou ek aan

altyd besig om myself te motiveer
om elke dag goed te organiseer

‘n ondraaglike uitgerekte treurproses was dit
in episodes van weer verskriklike verdriet

maar geleidelik vat ek toe weer
my eie vreugde vir die lewe terug

dit wat vir my vervullend is
skoonheid, kuns

en liefde

ek dink ook hulle het iets beet met fokus op asemhaal
in en uit en in en uit 

en dan raak die ondraaglike weldra weer

baie draaglik



By die see
Mei, 2018

🦋🌿

© Annora Eksteen, 2025

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...