haar opgooi in ‘n hospitaalskottel
ek onthou ‘n doodsroggel
toe ek in Helen Joseph Hospitaal
dit weer uit ‘n kamer hoor
toe ek so stil soos altyd net verby als stap
ek het darem op ‘n stadium kon loop
in wingerde se klam leemgrond
die groeikrag van hektaars wye wynkorrels
was ook ‘n bitterheid in my eensame musikale mond
‘n boeket van frankbessies op my palet
so ryp en rond, so donkerpruim-gesond
was my wandeling op Wildekrans by Botrivier
van ver sien ek die silhoeëtte van Kaapse kothuise
toe ‘n trekkerwa verby my ry
so rustig sy geraas tussen die druiwetrosse

tussen die gastewonings van die groot landgoed
tussen die skaduwees, langs die plaasskool verby
toe ek so stil soos altyd net verby als stap
steeds kelk die sonneblom met oggenddruppels dou
steeds ruik vars-pienk roosknoppe mistigvroeg koud nou
en as ek stap in ‘n Linden herfs
hoor ek die voëltjies se liedjies
en sien ek ‘n nuwe naam helder
op ‘n muur geverf

Die stokou omie se muurtjie oorkant Deltapark, 2021
Toe kon hy nie meer nie en is die ou huis verkoop, lock, stock and barrels of wine in the pantry.
🦋🌿
© Annora Eksteen, 2025

Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking
Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.