09/09/25

My goue spiraal

subtiele geure in donkerdruif Kaapse wyn
geskenk deur wingerdgodinne
met suurlemoen, met botter, knoffel, marlyn
galjoen, patat, kreef, voete in die sand, samesyn
vakansiedae oppie strand, maar nee, dit
het nog nooit bestaan nie

vir my

asof ‘n stilte neergedaal het oor my
sewe jaar in ‘n kelderkamer
agt jaar laas uit die stad
dis amper soos 100 jaar in alleenheid
maar ook natuurlik glad nie dit nie

die binnewond van my lewe
ek was geruïneer, weer en weer
ek het my lewe probeer neem, maar
nou is ek beter en my soms te woes swaaiende 
pendulum in my kop
het met die hulp van professor Calculus
gestabiliseer en soms gestop

ek het ophou leef in die werklike
maar my geleef in die verbeelde
is eintlik baie goed
dat die pendulum nie weer te veel
uitvlieg nie, dit het al soms selfs
teen die maan en ou Mars gaan bots
en afgeskiet teen die rivier se klipharde rots

hieronder dan seker nogtans
my nou al so lankal
herhalende goue spiraal

oë vol trane, neus vol snot
so is die lewe en so is my lot


might as well accept it again
and enjoy the peace
and enjoy the quiet

ek het tyd vir baie baie lees, ek het tyd vir skryf
ek het tyd om wonderlike films deeglik te kyk
en verder is ek nou oud

and should live accordingly

met my ogies vol trane
my neusie vol snot
want so is die lewe
en so is my lot

Binne miaau Annora, 2020–2025

With my golden spiral x no

My rustige pad kry ‘n regmerkie


“Feite Hastings, feite

dít is die keistene wat die pad maak 

waarlangs ons reis.”

  • Agatha Christie (1890–1976) (85)


and order in method

oor ek tans in Mesopotamië ronddwaal


nee wat ek kan nie die gedig

‘n goue spiraal noem nie

en hierdie is nie ‘n gedig nie


net ‘n nota van iets onthou

uit dié: my skryfreisverlede van

die laaste 17 jaar


met my half leë boekrak

maar ek boer wel in die bib

maar dis eintlik oukei 

anders sou ek net heeltyd 

leeslees lees en leeslees


en nie self geskryf het nie 

net mooi amper niks nie


die binnewond van my lewe

ek was geruïneer, weer en weer

omtrent alles verloor al weer

ag wat, ek't gewoond geraak

en dis lekker om bagasie te laat gaan

ek voel dan weer so lig soos 'n veer

en ek't begin om weer

'n sagte lief en teer kombers te brei


nou is ek beter dit is oi, my muse

verander my lees na is hoekom hoekom 

wat is die is  en my aangaan na weggaan

met my rustige pendulum in my kop

gestabiliseer en soms ihm goed gesond


ek leef nou stil, skies ek kan nie 

die show bywoon nie 

veral nie in ou Pretoorsdorp nie


jis dis hartseer ai, ek joe, ag anyway

dat die pendulum nie weer 

uit my kop uit hop en als oopskeur

oor ou Pretoria, Pretoorsdorp, Prehistoria nie

ek was wel lief vir die ou plek, maar nou ja

dit is warrit is and I try to live accordingly


ek lees weer van die goue spiraal

ek onthou van die 256ste noot


might as well accept it again

and enjoy the peace

and enjoy the quiet


Oh! But I did like to be beside the seaside
I did like to be beside the sea!
I liked to stroll along the Prom, Prom, Prom!
Where the brass bands play
"Tiddely-om-pom-pom!"


ek het tyd vir lees, ek het tyd vir skryf

ek het tyd om wonderlike films en musiek

deeglik te bekyk, en verder is ek nou 


ouer


and should live accordingly with the library

oh the library, the library the big one

in the city

that library


hierdie is gin gedig nie net klomp gedagtes weer

en ek het nie ‘n mooie nautilusskulp nie en

die goue spiraal is teoretiese wiskunde

vanuit die goue reghoek 

en ou Leo Fibonacci het nie die 

net dit neerge maar oulik oulik die ratio

uhm verhouding mooi mooi baie mooi


goeie Griet! c. 1170 – c. 1240–50


I did so like picking up the sea shells 

I did so like walking by the sea swells


geen goue pad geen goue muse geen goue spiraal

geen goue skulp geen goue strand


nie 


net mooi hout boekrakke

les coquillages sur la plage

en my demisemihemidemisemi


quavers


binne miaau Anliev, 2024–2026


🦋🌿

© Annora Eksteen, 2025


I Do Like to Be Beside the Seaside


In geometry, a golden rectangle is a rectangle with side lengths in golden ratio Φ approximately equal to 1.618 or 89/55. The sign is the Greek letter Phi. P, uppercase Φ

Ek't nou al weer geen idee hoe die werk nie. 
Dan vorm dit wel die spiraal ook.
.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...