gee vir my jou verbeelding
waar ek in die laaglande blyek sal vir jou ver gaan soek
tot ek jou teen die Geel Draakberge kry
met jou skoene van hout
jou krom lyf dikwels koud
jou klere van blare
en jou lang vuil grys hare
waar jy alleen met jou bokke rondwei
en ongeletterd vir hulle jou stories voorberei
daar sal ek kalm en rustig jou essensie lees
en met jou rustieke liedere my diep dors les
oor jou kwesbare naaktheid
sal ek my son-arms slaan
en in die lig van die skone kunste
sal ons eendag uitkom
saam

Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking
Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.