en die Jakarandablomme val saggies
een vir een neer
so gly die dae verby
met die rustigheid
wat somer bring
die skynsel van ‘n laatmiddagson
wat wegsink agter wolke
verbysweef verander
en aansweef
’n orkes speel
die elwe staan nader
hou die ritme met blink stewels
en sing saam
met die November-walskoor
'n stokou omie sit gesonke in sy opvoustoel
sy dun bene is gekruis
ingedagte swaai hy sy voet
'n ou wyse wat die note
vasdruk teen sy oor
die dansmusiek stop
die kinders swaai hulle sprankelstaffies rond
'n asemrowende pou skree:
nog ... nog
met die sonsondergang
sing die voëls in 'n koor
maar word skielik stil in hulle vlerke
as die donker die bome stil toor
feetjieliggies verskyn
alles word geruisloos
net 'n rob wat plons
in die towerlig duister
so gly die dae verby
wat somer bring
die skynsel van ‘n laatmiddagson
wat wegsink agter wolke
en aansweef
’n orkes speel
hou die ritme met blink stewels
'n stokou omie sit gesonke in sy opvoustoel
die dansmusiek stop
'n asemrowende pou skree:
met die sonsondergang
.png)
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking
Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.