in die diepte van jou geheime wêreld
wanneer alles waserig voor my swem
is ek seker dis die eienaardige jy
wat staan by die afgrond
en my oor die rand stoot
hoeveel keer
moet ek hierdie paaie van vertwyfeling loop
voor ek weet dis jy
en dat jy daar is vir my
seker tot ek begin sweef het
maar weer eens in die dieptes ingeval het
jy met jou drome jou visioene
van coffeeshops en morningstreetsoene
iewers in die newelrige geselligheid
van cappuccino melkskuim vind ek myself
en jou melodieë geneurie
teen die sagte uurglas van my rug
maar ek wonner soms
Is jy helemal
van lotjie getik?
en tog
die sekerheid
van jou skranderheid
en jou liefde
vir my
.png)
.png)
.png)
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking
Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.