17/07/25

Bergwind

snags as die bergwind 
die kantgordyn roer 

streel my vingers jou lippe

vergeet ons van pyn 

ontspanne drink ons 

mekaar se wyn

terwyl die bergwind loer 

deur die wit kantgordyn

en die berggeeste deur 

die kloof tamboer




Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...