11/07/25

Boomtale

sy praat van die populiere van Kars

ek wonder of daar eike groei

duskant die gehuggie Dwars


sy stap rond deur wêrelde 

in haar bladsak 'n bundel 

met ‘n boom se taal


ek raak rustig by Holly Brook

met ‘n aandgebed uit ‘n minaret

oorkant die rivier in die mis

as die bloekoms afgeëts staan 

teen die Vaal





Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...