17/07/25

Een aand by ‘n musiekkompetisie

sy vra
vat my saam 

na daar waar jy so baie gaan


so my engel, kom 

ek vat jou vanaand 

na ‘n klassieke musiekaand


volmaakte komposisies 

temas variasies 

uiteensettings, ontwikkelings

en herhalende slotakkoorde


‘n opgevoede gehoor

‘n asem wat intrek

‘n Haydn tjellosnaar


sy vra vir my, die stil een

is dit Mozart wat ek hoor


jy weet my dier

Debussy klink wasiger 

op die oor


‘n meisie in ‘n rok van donkerrooi satyn

haar vingers dans en dartel

soos feë in Monet se tuin


sy sê

vat my weer

ek wil meer leer 

wat jou so inspireer


my engel wee jy

dit was ‘n leeftyd vir my

die stadsale, ouditoriums 

orkesputte en verhoë 

van ou teaters van hier 

en ook die waters oor


ek drink dit in met my tee in die oggend

ek gaan slaap met musiek in my sjerrie

ek haal asem soos frases kunsmusiek 


want, jy weet


party speel net note

ander maak musiek


party tref my 

in my diepste wese

ander tref my 

nie




Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...