11/07/25

Harde klippe

ek wou hulle stukkend kap

ek het probeer, maar

harde klippe is te hard

my hande kry te seer 


ek draai om, ek draai vas

my woorde slaan dwars

in alle denkbare rigtings


ek lees en bestudeer 

probeer al hoe meer 

oor alles leer


maar my pyn en my leed 

is diep versteek

en lag, die refrein 

klink soms hol 

in die verskyn


🦋

© Annora Eksteen, 2006


Lourmarin woonstel, 2012



Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...