11/07/25

Klavierpoësie

uitbundige vreugde 

van stortende watervalle

glissando’s oor kranse en skeure

eggo’s van die ver verlede


reëndruppels plassend

donker en oortrokke 

trek die wolke oor die berg

vertellend van rokerige kabaretaande

houtskoolswart hare oor intense gesigte

galge humor 

donker komedies 

absurde teater


sinies daai glimlag in daai harde ritmes 

my voet kan net nie stilte kry nie


speel vir my pianis

speel vir my

want ek is verslaaf 

aan jou ewige 

spelery


🦋

© Annora Eksteen, 2006


Ai, vaderland. Ek't maar meestal alles virtueel in by bed geluister, gelees en gekyk.

Ek hou eintlik daarvan om versigtig te leef. As mens ook nog arm is, dan ook maar

beter om maar so min as moontlik daar buite te doen. Ek't al so baie op straat

seergekry en siek geword. Dis nie lekker of goed vir die gemoed nie. Straatstappend

geword. Kon niks vervoer bekostig nie. Die intellek is wel iets wat kan ontwikkel

as mens daaraan werk om oor interessante onderwerpe te dink. Meer te probeer

leer en ervaar in die kognitiewe.


So nee, ek was nog nooit by 'n cabaret nie. Of donker komedies nie.

Of absurde teater nie. Dalk stel ek nie juis veel belang nie. Of wat Amalathae?


Oi. Sy is stil. Sy't haar bietjie vervies vir my toe ek vir haar gesê het gister dat sy haar ry moet kry. Nou is ek spyt. Oe. Ai. Of ja, eks maar benouderig met mense. Hulle is nogal baie selfversekerd in die kringens wat so kuier nadat die vertonings ... ag nou ja.


Hier lê ek op my bed in 2016 en lag weer vir iets. Of iemand.





Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...