11/07/25

Lankal het ek hulle raakgesien

hy met sy glimlag, sy met haar stilte

maar ek het dit in my hart gehou 

en weggestap oor my hart so seer was


weg van die goed wat gebeur het

weg van die mense wat verdwyn het

weg van die note wat nooit gehoor is nie 

en weg van die woorde wat nooit geskryf is nie


maar my glimlag het weggeraak

en ek wou nie praat nie, wou my hart nie wys nie

net ver en verder vlieg soos in ’n droom

van lamppaal tot boom


lankal het ek hulle raakgesien

hy wat verdwyn het in die polsende ritme van die nag

hy wat speel en speel tot dit laat raak

sy wat luister en sing tot alles stil raak


jy met die lieflike akkoorde

jy wat lankal vir my wag


lankal het ek julle raakgesien

en soos die lewe in my 

so voel ek julle aan


julle wat my bly maak 

wat my liggies laat loop

wat my vervul

en ook vir my

kreatief maak


🦋

© Annora Eksteen, 2006


En later het ek nie veel meer 'n hulle raakgesien nie, maar wel die pragtige Gariep en haar lang reis deur die land en dis deels waaroor my storie van Sara en Sam gaan.

Hierdie is in die skemer te Bethulie waar die Gariep breed vloei. Ek verstaan nie hoekom die vroue in die kamp nie hulle klere in die rivier kon was nie.

Hulle moes na 'n moddergat toe gaan. Die verskrikking om in die winter

buite te slaap. So baie is net dood in lyding.

Lank verby maar nooit vergete nie. Ruk mens altyd aan die hart en wese.


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...