11/07/25

Maanvent

ons luister na  jou sang

as die maanstrale glimlaggend

oor ons woudland hang


ons hoor jou neurie 

met kabouterkind se drom 

tom-tom-tom

so sing sy drom


wanneer die maan vol goud

skyn op ons in hierdie woud

hoor ons jou neurie 

onder bome so oud


kom gou weer terug 

op maanperd se rug

en land sag en teer 

saam met sterrestof neer


voor jy, geel ventjie, klein meneer

in die nag op weer verdwyn

met die sterrestof

wat geheimsinnig glinsterend skyn


op na jou stil ronde maan 

waar jy net voor dagbreek 

altyd weer

heen teruggaan


🦋

© Annora Eksteen, 2006


In 2011 in April — nie in towerwoude met kabouters nie,
maar darem in die berge by die Mayakamp
met perde.




Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...