11/07/25

Madonna op die rotse

ek sien haar op die rotse staan

vanmiddag net na ses

die son gooi lig op lig 

oor haar roesrooi hare 

kartelend oor haar geweldige boude

die massiewe vrou

waar sy uit die hoogte

‘n rob staan en dophou


ek loop om

om by haar gesig uit te kom

sy’s wasbleek met pienk wange

‘n madonna


Rembrandt, eeue gelede, en ek 

ons hou van jou 

massiewe vrou


Klein Brak, Desember 2005


🦋

© Annora Eksteen, 2006


Die see, 2013, jimmel ek was 52 en nou al amper 65

en oor die jare sedert 1992 het ek baie die roete

vanaf Reebok Kleinbrak toe gestap op die strand en dan daar in die

rivier-strandmeer geswem. Mooi is die Tuinroete wel beslis.

Ken dit ook al soos die palm van my hand.

Heidi, my dogter het baie mooi foto's van my geneem by die see toe ek alleen

geraak het en die ander twee volwasse en besig was reeds. En ek ook mooi foto's van haar. Lekker om so net met 'n kind vakansie te hou.


Oor sy maar 12 was toe

ek meestal in myself in verdwyn het, was dit goed dat ek en sy 'n hele paar lekker vakansies

saam kon deurbring. Toe was als weer wonderlik en die Kaap weer ihm ... Frans.




Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...